Month: Oktober 2019

veilig verseker

Op die ingewing van die oomblik het ek ’n rooi ballon in ’n kruidenierswinkel gekoop. Op die ballon het die woorde Ek is lief vir jou in groot letters gepryk. Terwyl ek my inkopies in die motor gelaai het, het die toutjie van die ballon uit my hande gegly en ek moes toekyk hoe die ballon die lug in sweef.…

om namens God te praat

Ten spyte van my beste pogings om duidelik te skryf, word ek soms misverstaan. Ek voel sleg daaroor en probeer my bes om my vaardighede te verbeter. Nogtans gebeur dit soms dat lesers dit wat ek geskryf het uit konteks neem en iets daarin lees wat glad nie met die oorspronklike bedoeling ooreenstem nie. Dis baie frustrerend, want daar is…

maak dit bekend

My dokter is ’n ongelowige en eendag toe ek by hom was, het ek gesê hy behoort dankbaar te wees dat God ons geskep het. Hy het ’n spuitnaald in sy hand gehad en toe wonder ek. Moet ek nie miskien liewer stilbly nie. Maar ek vervolg toe: “Indien die ewolusieproses nog aan die gang is, sal jy mos nie…

’n helpende hand

Gedurende ’n wedren in 1930 is die jokkie, Johnny Longden, tussen twee perde vasgedruk. Perde het van agter af aangejaag gekom en Johnny het sywaarts van sy perd afgegly. ’n Ander jokkie, wat sy probleem opgemerk het, het desperaat probeer om Longden op sy perd terug te stoot. Ongelukkig het hy te hard gestoot en toe het Longden byna aan…

toeganklikheid

Michael St. Francis is ’n Franciskaanse broeder en hy dra altyd ’n bruin toga. Soms vra mense hom waarom hy dit dra. Hy verduidelik dan dat dit ’n habit genoem word en dat hy dit vir ’n spesifieke rede dra. Hy het aan joernaliste van die Hemispheres tydskrif gesê: “Ons het die keuse om dit te dra en baie van…

Waarom is daar kleur?

Waarom sal sommige bome se blare gedurende herfs allerhande pragtige kleure vertoon – rooi, oranje en geel? Gedurende die somer is die blare van bome groen omdat chlorofil, ’n groen pigment in die blare, rooi en blou lig van die son absorbeer. Die lig wat dan van die blare gereflekteer word, lyk vir ons oë asof dit groen is. Chlorofil…

sigbare Wenke

Wat is die eerste beeld wat jy sien wanneer jy jou rekenaar aanskakel? Miskien is dit ’n familiefoto of ’n spesiale vakansiefoto. Of dalk is dit jou geliefkoosde sportman of vrou? Het jy al ooit daaraan gedink om ’n beeld van Jesus daar te plaas? ’n Man het lank gelede aan my geskryf oor sy geweldige stryd teen pornografie. Dit…

populariteit

Populariteit is wisselvallig. Vra maar net vir politieke figure. Baie van hulle bekyk gedurig hoe hulle gewaardeer word en hoe kiesers hulle politieke beleid beskou. Hulle mag aanvanklik hoog aangeslaan word, maar geleidelik daal hulle populariteit namate die termyn vorder. Jesus se populariteit het ook ’n afwaartse neiging getoon. Nadat Hy die 5000 gevoed het, was Hy baie populêr (Joh.…

kolskoot!

Indien ons nie versigtig is nie, kan dit met ons gaan soos met die man wat daarop geroem het dat hy ’n bedrewe boogskutter was. Die geheim van sy sukses was egter dat hy, nadat hy ’n pyl teen die waenhuis vasgeskiet het, ’n sirkel daarom getrek het en beweer het dat dit die kol was wat hy getref het.…

veronderstel net

Ons gemeente se jongmense het hulle bes gedoen om ’n voorstelling van die hemel te maak. Dit was tyd vir die lentefees en die kreatiewe tieners het ligte, sponsrubber en ander materiale gebruik om die atrium in ’n voorstelling van die hemel te omskep. Die tema van die banket was I Can Only Imagine, uit die lied deur MercyMe. Ons…